A new ProZ.com translation contests interface is currently in development, and a preview contest is underway. Click here to visit the new interface »

Previous ProZ.com translation contests

English » Afrikaans - 1 finalists


Sandhu, Sukhdev 343 words
Winters used to be cold in England. We, my parents especially, spent them watching the wrestling. The wrestling they watched on their black-and-white television sets on Saturday afternoons represented a brief intrusion of life and colour in their otherwise monochrome lives. Their work overalls were faded, the sofa cover—unchanged for years—was faded, their memories of the people they had been before coming to England were fading too. My parents, their whole generation, treadmilled away the best years of their lives toiling in factories for shoddy paypackets. A life of drudgery, of deformed spines, of chronic arthritis, of severed hands. They bit their lips and put up with the pain. They had no option but to. In their minds they tried to switch off—to ignore the slights of co-workers, not to bridle against the glib cackling of foremen, and, in the case of Indian women, not to fret when they were slapped about by their husbands. Put up with the pain, they told themselves, deal with the pain—the shooting pains up the arms, the corroded hip joints, the back seizures from leaning over sewing machines for too many years, the callused knuckles from handwashing clothes, the rheumy knees from scrubbing the kitchen floor with their husbands' used underpants.

When my parents sat down to watch the wrestling on Saturday afternoons, milky cardamon tea in hand, they wanted to be enter­tained, they wanted a laugh. But they also wanted the good guy, just for once, to triumph over the bad guy. They wanted the swaggering, braying bully to get his come-uppance. They prayed for the nice guy, lying there on the canvas, trapped in a double-finger interlock or clutching his kidneys in agony, not to submit. If only he could hold out just a bit longer, bear the pain, last the course. If only he did these things, chances were, wrestling being what it was, that he would triumph. It was only a qualified victory, however. You'd see the winner, exhausted, barely able to wave to the crowd. The triumph was mainly one of survival.







Entry #1 - Points:
anonymous
Die winters in Engeland was maar koud. Ons, en veral my ouers, het die tyd verwyl deur na die stoei te kyk. Die stoei waarna hulle op hulle swart- en wit- televisiestelle op Saterdaemiddae gekyk het, het 'n kort verposing gebied en kleur verleen aan 'n andersins vaal lewe. So vebleik soos die oorpakke en die sofa bekleedsel wat in jare nie vervang is nie- net so vaal en verbleik het die herinneringe geraak van die mense wie hulle was voordat hulle na Engeland gekom het. My ouers, trouens hulle hele geslag, het die beste jare van hulle lewe op die trapmeul van werk deurgebring terwyl hulle hul in fabrieke afgesloof het vir karige salarisse. 'n Lewe van sleur, van vervormde rugrate, van chroniese rumatiek, van verweerde hande. Hulle het op hulle tande gebyt en maar die pyn verduur. Daar was geen ander uitweg nie. Hulle het hulle gedagtewêreld afgesny van die verkleinerende aanmerkings van mede-kollegas, die gladdetong bespotting van voormanne , en in die geval van Indiërvroue, om hul nie te verknies as hul deur hul mans rondgeklap is nie.  Verduur die pyn, werk daardeur, het hulle hulself vermaan- die steekpyne in die arms, die verweerde heupgewrigte, die rugspasmas van oor naaimasjiene buk vir te veel jare, die vereelte kneukels van klere met die hand was, die rumatiekknieë van kombuisvloere skrop met hulle mans se verslete onderbroeke.

Wanneer my ouers op Saterdaemiddae voor die televisie gaan sit het, 'n koppie melkerige kardamomtee in die hand, wou hulle vermaak word, hulle wou lag. Maar bowenal wou hulle tog net hê dat die goeie ou net een maal moes triomfeer oor die slegte ou. Hulle wou hê dat die grootdoenerige , bulderende boelie 'n slag sy Moses moes teëkom. Hulle het gebid dat die goeie ou, waar hy op die vloer in 'n dubbelhandslotgreep vasgevang is, of grypend na sy niere in absolute pyn, nie moes ingee nie. As hy net nog 'n rukkie langer kon uithou, die pyn verduur en die geveg kon klaarmaak. As hy al hierdie dinge kon doen, was die kanse goed, gegewe die aard van stoei, dat hy sou oorwin. Dit was egter 'n oorwinning met 'n prys. Jy sou die wenner sien, uitgeput, skaars in staat om vir die skare te wuif. Die oorwinning was maar net geleë in oorlewing.



« return to the contest overview



Translation contests
A fun way to take a break from your normal routine and test - and hone - your skills with colleagues.